Monday 4 April 2011

Groenteskottel

Hier is seker die maklikste en heerlikste groenteskottel. Met een van ons vakansies in Mosselbaai (SANTOS) het ons gou 'n naweek Stellenbosch toe gery om ons KAAPSE WYN by my nefie en diƩ se vrou te gaan kry. Sy slaan toe uit met die ongelooflike lekker groente saam met braaivleis. Hoop almal geniet dit ook!!!!

500 g murgpampoentjies met skil gerasper
1 ui gekap
4 of meer repe "bacon"
1 koppie Cheddarkaas gerasper
3 eetl olie
2 eiers
1 blik pitmielies gedreineer
sout en peper
½ koppie melk

1. Meng alles saam
2. Skep in gesmeerde bak
3. Bak 45 min op 180°C
Lekker eet!

No comments:

Post a Comment

 
^ Scroll to Top