Tuesday 29 November 2011

Griekse rysslaai

In plaas van ‘n normale Griekse slaai, sny jy hiervoor al die gewone bestanddele effens kleiner en gooi dit by rys vir ‘n heerlike koue rysslaai.

Vir 4 persone.
1 koppie rou rys
4 sprietuie, gekap
1 koppie gerasperde komkommer
ongeveer 300 g kersietamaties, gehalveer
75 g fetakaas, in klein blokkies gesny
6 swart olywe, ontpit en in kwarte gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
paar handevol varsgekapte basiliekruid

Kook die rys met ‘n knippie sout tot gaar. Gooi dit uit in ‘n mengbak om af te koel.
Voeg die res van die bestanddele en sout en swartpeper na smaak by.

No comments:

Post a Comment

 
^ Scroll to Top