Wednesday 30 July 2014

Mini Fritatas

Klits 7 eiers en 2 teelepels melk met 'n bietjie sout en peper. Smeer 'n muffin pannetjie vir 12 porsies (of gebruik 'n silikon muffin pannetjie wat jy nie hoef te smeer nie).
Voeg jou gunsteling vulsel by, bv. ertjies met vars kruisement, bokkaas, sampioene, spek, gerasperde kaas, kersie-tamaties of 'green pepper'. Deel dan die eiermengsel gelykop oor die muffin pannetjie holtes.
Bak vir 15-20 minute in die oond teen 180 °C tot dit 'n goue kleur het en "crisp" is. Laat dit dan effens afkoel voordat jy dit uit die muffin pannetjie haal.

No comments:

Post a Comment

 
^ Scroll to Top