Tuesday 7 October 2014

Kool Frikkadelle (Ouma onder die kombers)


1 groot kopkool
2 groot uie, fyngekap
Kookolie
2 koppies water
Suiker, sout en peper na smaak
½ teelepel fyn neutmuskaat
Frikkadelle
500 g gemaalde beesvleis
4 snye dag-oud brood in melk geweek; melk uitgedruk
¼ teelepel fyngemaalde naeltjies
¼ teelepel fyngemaalde wonderpeper
2 teelepels fyngemaalde koljander
1 eier
1 teelepel elk sout en peper of na smaak.
2 knoffelhuisies, fyngekap (opsioneel, alhowel ek beveel dit aan)
1 klein ui, fyngekap
Metode
Sny die middelste harde gedeeltes uit die blare en stoom dit vir 5 – 10 minute tot sag, maar nie pap nie.
Meng die frikkaddelbestanddele alles saam in ’n mengbak en vorm klein frikkadelletjies. (Nota: Ek het dit in lang sigaarvorms gerol, alhoewel dit nie tradisioneel is nie)
Draai elke frikkaddel styf toe in ’n koolblaar. Gebruik ’n tandestokkie of gare om dit vas te maak.
Braai die uie tot goudbruin in ‘n kastrol in ’n bietjie olie.
Pak die koolpakkies styf teenmekaar in dieselfde kastrol. Voeg die water by en voeg die suiker, sout en peper na smaak by.
Prut stadig vir 20 minute, maak seker dat die water heeltyd die koolpakkies halfpad bedek.
Sprinkel neutmuskaat oor en prut vir nog 10 – 15 minute.

No comments:

Post a Comment

 
^ Scroll to Top