Thursday 12 March 2015

Kerrie afval resep

(Bedien 6-8)

1 volledige skaapafval (skaapkop, pens en pootjies), skoongemaak
1 k aartappelblokkies
1 k asyn
1 e sout
1 t swartpeperkorrels

Vir afronding
12 klein aartappeltjies, ongeskil
½ k appelkooskonfyt

Meng die kerriemengsel
2 e gerasperde vars gemmer
5 kardemomsade, liggies gestamp
1 t steranys
4 stukke kassia
½ t rissiepoeier
1 t fyn komyn
2 t borrie
4 lourierblare

Sit die harsings binne-in die blokkiespens en bind stewig vas met kombuistou. Sny die res van die pens in klein blokkies. As jou afval supermarkskoon is, gooi ‘n ketel kookwater oor en laat staan ‘n paar minute. As die pens bietjie wild ruik, kan jy dit so 20 minute lank kook. Gooi die water af.

Sit die harsings binne-in die blokkiespens in die harsingsholte van die kopbeen sodat dit nie breek en wegkook nie.

Sit die afval en aartappelblokkies in ‘n kastrol. Bedek met kookwater, gooi asyn, sout en peper by en prut 2 ure of sit in ‘n voorafverhitte oond by 180°C. Die afval moet sag wees, maar die murg moet nog nie uit die bene gekook wees nie.

As die afval sag is, voeg die klein aartappeltjies by met die appelkooskonfyt. Meng al die bestanddele vir die kerriemengsel en roer dit ook by. Prut nog ‘n halfuur tot die klein aartappeltjies sag is. 

Proe nou die afval, indien dit te suur is, voeg nog appelkooskonfyt by. Te soet, voeg asyn of suurlemoensap by. Nie sterk genoeg nie, voeg nog rissie by, maar met ‘n ligte hand!

Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie vertaal word nie.

No comments:

Post a Comment

 
^ Scroll to Top