Tuesday, 29 November 2011

Mieliebrood

1 k koekmeel 1 k mieliemeel
3 t bakpoeier 1 t sout
125 ml olie 125 ml suiker
3 eiers 1 blik geroomde suikermielies

Klits die volgende saam: olie, suiker en eiers. Sif droë bestanddele saam en voeg by eiermengsel. Roer mielies by. Giet in broodpannetjie en bedek liggies met foelie. Bak by 180ºC vir ongeveer 1 uur.

Wednesday, 30 September 2009

Mieliebrood

70 g (150 ml) mieliemeel
265 g (550 ml) koekmeel
12 g (25 ml bakpoeier)
15 ml suiker
2 ml sout
450 ml melk
80 ml olie
3 eiers
1 x 410 g-blik mieliepitte, gedreineer

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer en voer 'n broodpan uit. Sif die droë bestanddele saam. Klits die melk, eiers en olie saam. Voeg die melkmengsel en mieliepitte by en meng liggies. Giet die mieliemengsel in die broodpan en bak vir ongeveer 1 uur.




 
^ Scroll to Top