Thursday, 12 March 2015

Kerrie afval resep

(Bedien 6-8)

1 volledige skaapafval (skaapkop, pens en pootjies), skoongemaak
1 k aartappelblokkies
1 k asyn
1 e sout
1 t swartpeperkorrels

Vir afronding
12 klein aartappeltjies, ongeskil
½ k appelkooskonfyt

Meng die kerriemengsel
2 e gerasperde vars gemmer
5 kardemomsade, liggies gestamp
1 t steranys
4 stukke kassia
½ t rissiepoeier
1 t fyn komyn
2 t borrie
4 lourierblare

Sit die harsings binne-in die blokkiespens en bind stewig vas met kombuistou. Sny die res van die pens in klein blokkies. As jou afval supermarkskoon is, gooi ‘n ketel kookwater oor en laat staan ‘n paar minute. As die pens bietjie wild ruik, kan jy dit so 20 minute lank kook. Gooi die water af.

Sit die harsings binne-in die blokkiespens in die harsingsholte van die kopbeen sodat dit nie breek en wegkook nie.

Sit die afval en aartappelblokkies in ‘n kastrol. Bedek met kookwater, gooi asyn, sout en peper by en prut 2 ure of sit in ‘n voorafverhitte oond by 180°C. Die afval moet sag wees, maar die murg moet nog nie uit die bene gekook wees nie.

As die afval sag is, voeg die klein aartappeltjies by met die appelkooskonfyt. Meng al die bestanddele vir die kerriemengsel en roer dit ook by. Prut nog ‘n halfuur tot die klein aartappeltjies sag is. 

Proe nou die afval, indien dit te suur is, voeg nog appelkooskonfyt by. Te soet, voeg asyn of suurlemoensap by. Nie sterk genoeg nie, voeg nog rissie by, maar met ‘n ligte hand!

Pasella neem geen verantwoordelikheid vir die akkuraatheid van resepte wat met die Google Translate-funksie vertaal word nie.

Tuesday, 7 October 2014

Kool Frikkadelle (Ouma onder die kombers)


1 groot kopkool
2 groot uie, fyngekap
Kookolie
2 koppies water
Suiker, sout en peper na smaak
½ teelepel fyn neutmuskaat
Frikkadelle
500 g gemaalde beesvleis
4 snye dag-oud brood in melk geweek; melk uitgedruk
¼ teelepel fyngemaalde naeltjies
¼ teelepel fyngemaalde wonderpeper
2 teelepels fyngemaalde koljander
1 eier
1 teelepel elk sout en peper of na smaak.
2 knoffelhuisies, fyngekap (opsioneel, alhowel ek beveel dit aan)
1 klein ui, fyngekap
Metode
Sny die middelste harde gedeeltes uit die blare en stoom dit vir 5 – 10 minute tot sag, maar nie pap nie.
Meng die frikkaddelbestanddele alles saam in ’n mengbak en vorm klein frikkadelletjies. (Nota: Ek het dit in lang sigaarvorms gerol, alhoewel dit nie tradisioneel is nie)
Draai elke frikkaddel styf toe in ’n koolblaar. Gebruik ’n tandestokkie of gare om dit vas te maak.
Braai die uie tot goudbruin in ‘n kastrol in ’n bietjie olie.
Pak die koolpakkies styf teenmekaar in dieselfde kastrol. Voeg die water by en voeg die suiker, sout en peper na smaak by.
Prut stadig vir 20 minute, maak seker dat die water heeltyd die koolpakkies halfpad bedek.
Sprinkel neutmuskaat oor en prut vir nog 10 – 15 minute.

Wednesday, 30 July 2014

Mini Fritatas

Klits 7 eiers en 2 teelepels melk met 'n bietjie sout en peper. Smeer 'n muffin pannetjie vir 12 porsies (of gebruik 'n silikon muffin pannetjie wat jy nie hoef te smeer nie).
Voeg jou gunsteling vulsel by, bv. ertjies met vars kruisement, bokkaas, sampioene, spek, gerasperde kaas, kersie-tamaties of 'green pepper'. Deel dan die eiermengsel gelykop oor die muffin pannetjie holtes.
Bak vir 15-20 minute in die oond teen 180 °C tot dit 'n goue kleur het en "crisp" is. Laat dit dan effens afkoel voordat jy dit uit die muffin pannetjie haal.

Thursday, 1 December 2011

BOSVELD WARM PATAT IN FOELIE

Bestanddele
Een medium tot groot patat per persoon
Tinfoil (Foelie)
Botter
Growwe peper / peperkorrels
Growwe sout / soutkorrels
Extra Virgin Olyfolie
Een suurlemoen
‘n Paar takkies vars tiemie

Voorbereiding

Was die patats skoon en droog af (hou die vel aan)
Plaas die patats elkeen op ‘n stuk foelie (blink kant na binne)
Drup so klein bietjie olyfolie op elke patat
Smeer so bietjie botter op elke patat as jy wil hê die patat moet sag wees – die skil is ook dan sag
Jy kan natuurlik verkies om die botter op die patat te smeer nadat die patat gaar is en uit die foelie gehaal is – dis jou keuse
Sny die suurlemoen in die helfte en druk ‘n klein bietjie sap op elke patat
Meng die sout en peperkorrels en maal dit fyn – strooi op die patats
Plaas een takkie vars tiemie saam met die patat op die foelie
Draai nou die patats goed toe in die foelie – moenie dat die tiemie uitval nie, want dit bring so ‘n lekker geurtjie en smakie daarby.

Tuesday, 29 November 2011

Groenbone en niknaks gereg

Gaar boontjies
Gerasperde kaas
Spek en uie gebraai
witsous
1 pak niknaks gekrummel

Pak 2 lae vna alles.
Bak by 180°C tot goed warm.

So maklik soos dit.

Griekse rysslaai

In plaas van ‘n normale Griekse slaai, sny jy hiervoor al die gewone bestanddele effens kleiner en gooi dit by rys vir ‘n heerlike koue rysslaai.

Vir 4 persone.
1 koppie rou rys
4 sprietuie, gekap
1 koppie gerasperde komkommer
ongeveer 300 g kersietamaties, gehalveer
75 g fetakaas, in klein blokkies gesny
6 swart olywe, ontpit en in kwarte gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
paar handevol varsgekapte basiliekruid

Kook die rys met ‘n knippie sout tot gaar. Gooi dit uit in ‘n mengbak om af te koel.
Voeg die res van die bestanddele en sout en swartpeper na smaak by.

Maalvleipastei

1 kg maalvleis 2 k koue water
1 k sagte broodkrummels 25 ml asyn
10 ml sout knippie peper
Kors:
1 eier 125 ml olie
125 ml melk 1 k meel
2 t bakpoeier 2 ml sout

Plaas bestanddele vir die vulsel in pot. Meng met vurk. Verhit tot kookpunt, roer gereeld en laat kook vir 5 minute. Voorverhit oond tot 180ºC en skep vleismengsel in skottel. Klits eier, olie en melk saam. Roer meelmengsel by en skep beslag bo op vleis. Bak vir 30 min tot goudbruin. Hierdie tert vries baie goed.

Aartappel en radysslaai



1 kg Mediterreense aartappels
2 bossies radyse, in skywe gesny
6 sprietuie, fyngekap
150 ml olyfolie
sap van 1 suurlemoen
1 knoffelhuisie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
40 g vars roket
6 hardgekookte eiers

Kook aartappels tot sag. Dreineer en laat afkoel. Trek skille van aartappeltjies af. Meng die aartappels, radyse en sprietuie versigtig in 'n groot bak. Meng olyfolie, suurlemoensap en knoffel, gooi oor slaai en geur met sout en peper. Net voor jy die slaai voorsit, meng roket deur en rangskik eiers bo

Aartappel en cheddar rolletjies


4 groot aartappels, geskil
300 g sterk cheddarkaas, gerasper
2 eiers, geklits
60 ml gekapte pietersielie
knippie rooipeper, of na smaak
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
6 velle filodeeg
sowat 50 ml gesmelte botter
sowat 150 ml olyfolie
30 ml gekapte pietersielie

Kook aartappels tot sag. Druk fyn met 'n vurk. Daar kan nog stukke in wees. Voeg kaas, eiers en pietersielie by. Geur met rooipeper, sout en peper. Plaas een vel filodeeg op jou werkoppervlak. Smeer met gesmelte botter. Plaas 'n tweede vel deeg bo-op. Smeer weer met gesmelte botter. Herhaal met 'n derde vel. Skep van die aartappelvulsel sowat 5 cm van
onderkant van deeg in 'n lang wors. Vou deeg oor vulsel. Vou kante weerskante oor vulsel en rol op. Herhaal met die res. Maak toe met kleefplastiek en laat koud word in yskas. Sny koue rol
in skywe van sowat 3 cm. Verhit olyfolie in pan en braai sirkels weerskante vir sowat 3minute. Dreineer op kombuispapier. Sprinkel gekapte pietersielie oor en sit warm voor.

Monday, 4 April 2011

Sjokolade koek

1 K Koekmeel
1 K Strooisuiker (½ K vir die meelmengsel en ½ K vir die sous)
¼ K Kakao
4 T Bakpoeier (2 T vir die meelmengsel en 2 T vir die eiermengsel)
¼ T Sout
4 Eiers (eierwitte en eiergele geskei)
½ K Olie
½ K Kookwater
1 T Vanielje
1 Blik Idealmelk (vir sous)
1 Blok gewone sjokolade (vir sous)

Metode - Meelmengsel:
1. Gooi die koekmeel, kakao, ½ K strooisuiker, 2 T bakpoeier en sout bymekaar.
2. Meng apart die olie en kookwater saam. Meng dit dan by die droë bestanddele.
3. Klits die 4 eierwitte en 2 T bakpoeier apart.
4. Meng apart die 4 eiergele en vanielje saam.
5. Meng nou die eiergeelmengsel en die eierwitmengsel saam.
6. Meng nou alles saam.
7. Bak in 'n gesmeerde oondvaste bak teen 180 grade vir ongeveer 25 - 30 minute.

Sousmengsel:
Doen solank die volgende terwyl die koek bak:

1. Smelt ½ van die blik Idealmelk saam met die ander ½ K strooisuiker in 'n kastrol.
2. Gooi hierdie mengsel egalig oor die warm koek sodra dit uit die oond kom.
3. Laat koek nou afkoel.
4. Smelt dan die blok sjokolade en die res van die blik Idealmelk saam en gooi egalig oor die afgekoelde koek. (Heerlik ook as 'n nagereg opgedien saam met room / roomys.)




Groenteskottel

Hier is seker die maklikste en heerlikste groenteskottel. Met een van ons vakansies in Mosselbaai (SANTOS) het ons gou 'n naweek Stellenbosch toe gery om ons KAAPSE WYN by my nefie en dié se vrou te gaan kry. Sy slaan toe uit met die ongelooflike lekker groente saam met braaivleis. Hoop almal geniet dit ook!!!!

500 g murgpampoentjies met skil gerasper
1 ui gekap
4 of meer repe "bacon"
1 koppie Cheddarkaas gerasper
3 eetl olie
2 eiers
1 blik pitmielies gedreineer
sout en peper
½ koppie melk

1. Meng alles saam
2. Skep in gesmeerde bak
3. Bak 45 min op 180°C
Lekker eet!

Tuna tert (kits)

KITS TUNA-TERT

Smeer 'n oondvaste tertbord met botter/olie.
Pluis 'n blikkie Tuna-vis (225g)
1. Meng ongeveer 'n halwe koppie gerasperde kaas en een gekapte, gesoteerde ui daarby. (Wenk: Jong uie/ "Spring onions" gekap met lowwe en al, is lekker.)
2. Klits saam: 2 eiers, 25 ml koekmeel, 'n halwe teelepel bakpoeier, 'n knippie sout en 200 ml melk.
3. Giet hierdie mengsel bo-oor en strooi 'n bietjie gekapte pietersielie daaroor.
4. Bak in oond tot gaar ( teen 180 grade Celsius vir 30 minute)
5. Bedien warm met vars brood en 'n mengelslaai van blaarslaai, komkommer, pynappel, ens.

Uiesopbroodjie

UIESOPBROODJIE (nie nodig om te laat rys nie)

500 gram "self raising flour"
500 ml karringmelk
1 pakkie wit uie sop
1 koppie gerasperde kaas

Meng alles saam, sit in pannetjie en bak in oond vir 1 uur by 180º.

Aarbeikaastert

AARBEI-KAASTERT

1 pakkie Tennis Beskuitjies (fyngerol en met 100g margarien of botter gemeng).
Druk vas in tertbak en mikrogolf vir 1 minuut en 30 sekondes op hoog. Laat afkoel.

1 blikkie kondensmelk
60 ml suurlemoensap (ek proe maar na so 40 ml of dit nog nie reg is nie, want soms is die suurlemoene bietjie te suur na my smaak)
250 ml vars room
1 bakkie plein fyn maaskaas (NIE die korrelrige nie)
1 bakkie aarbeie (VARS) ( dis die klein houertjies)
25 ml gelatien opgelos in 1 koppie water, sodra dit helder word mikrogolf op hoog vir 30 sekondes. Koel af.
1 pakkie aarbei- OF rooi jellie aangemaak met 200ml kookwater en dan nog 200 ml koue water bygevoeg. Laat afkoel.
(NB. Maak die jellie eerste aan sodat dit kan afkoel. Die gelatien moet ook afkoel.)
Sny sowat driekwart van die aarbeie in stukkies. Ek sny dit gewoonlik in so agt tot tien stukkies per aarbei. Die res sny ek in WAAIERTJIES vir versiering.

1. Meng die maaskaas, kondensmelk, room, afgekoelde gelatien-vloeistof. Voeg die suurlemoensap laaste by. Roer die stukkies aarbei liggies in.
2. Gooi die kaasmengsel nou oor die afgekoelde kors.
3. Versier bo-op met die res van die aarbeie.
4. Gooi nou liggies die rooi jellie bo-oor. Laat set in die yskas.

Klapperys

KLAPPERYS

Vinnig en maklik.
390 g blik Kondensmelk
500 g pak versiersuiker
400 g (5 x 250 ml) klapper
5 ml vanilla geursel
Pienk voedsel kleursel

1. Meng eerste 4 bestanddele goed saam (Mengsel sal baie styf wees).
2. Deel mengsel in twee en meng in een mengsel die voedselkleursel. Skep eers die wit mengsel in 'n gesmeerde bakplaat en maak mooi gelyk - druk effens vas. Skep dan die pienk mengsel bo-op die wit mengsel en maak ook gelyk - druk ook effens vas.
3. Plaas in yskas om te stol. Sny in klein blokkies en bêre in lugdigte houer.


Saturday, 5 December 2009

Pannekoek

1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
2 eiers
2 koppies melk
1 eetlepel botter, gesmelt
kookolie

Klits die meel, bakpoeier, sout, eiers en melk 8 minute lank. Laat dit vir ten minste 30 minute staan. Roer die gesmelte botter by en meng deeglik. Verhit net genoeg olie in ´n pan om die bodem te dek. Gooi net genoeg beslag in die pan om die bodem te dek. Draai die pannekoek om as dit borreltjies maak. Dit moet uit as dit goudbruin is

Bedien met ´n mengsel van kaneel en suiker en hou ook bietjie suurlemoensap byderhand.


Wednesday, 18 November 2009

Plaat Koekies

Besigtigings:
2 eiers
125 ml suiker
250 ml melk
30 ml margarien/botter gesmelt
500 ml koekmeelblom
20 ml bakpoeier
2.5 ml sout

botter, stroop of heuning

Metode:
1. Klits eiers en suiker saam. Voeg 125ml melk en gesmelte botter by.
2.Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by eiermengsel.
3. Voeg orige melk geleidelik by om 'n gladde mengsel te vorm.
4. Moet nie mengsel roer nadat alles gemeng is nie.
5. Bak in gesmeerde ringpannetjies(griddle) of drup lepels vol op 'n warm gesmeerde stoofplaat.
6. Bak eers die een kant en as dit bo-op vol lugblasies is, draai plaatkoekie met slaplemmes of eierspaan om en bak hulle aan die ander kant tot dit ook mooi bruin is.
7. Sit voor met botter, stroop of heunig.

Die resep lewer tussen 25 - 30 plaatkoekies.

Die resep uit Kook en Geniet (50) Goue Jare






Sunday, 1 November 2009

Malva poeding

250 ml meelblom
5 ml koeksoda
5 ml appelkooskonfyt
5 ml margarien
250 ml melk
1 eier
250 ml suiker
5 ml suurlemoensap
Metode
Room botter en suiker
Voeg eier by
Voeg suurlemoensap, koeksoda en appelkooskonfyt by
Bak in glasbak teen 180 grade C vir 1 uur.
Stroop
250 ml room
125 ml margarien
250 ml suiker
125 ml kookwater
Metode
Kook alles saam vir twee minute en gooi oor poeding sodra dit uit die oond kom.Bak nog ‘n klein rukkie tot karamelagtig.




Sjokolade sous - vir nageregte

150g Donkersjokolade
1 blikkie Kondensmelk
125 ml Melk

Breek die sjokolade in blokkies in ‘n pot. Gooi die kondensmelk en melk by. Roer van koud af tot warm oor lae hitte. As dit kook, haal dit af. As dit te dik is, gooi ekstra melk by. Roer aaneen om klonte te voorkom




Wednesday, 30 September 2009

Pastaslaai

250 g pasta skulpies (gekook saam met die knoffel)
3 knoffelhuisies
250 g rooi kersietamaties (fyn opgesny)
´n handvol ontpitte olywe (fyn opgesny)
2 eetlepels sprietuie (fyn opgesny)
´n handvol basiliekruid (fyn opgesny)
´n halwe komkommer (fyn opgesny)
3 eetlepels wit asyn
6 eetlepels olyfolie
sout
gemaalde swartpeper

Verwyder die knoffel sodra die pasta gekook is. Maak die knoffel fyn en meng met die asyn, olie en sout en peper. Gebruik dit as die slaaisous. Die res van die bestandele word gemeng om die slaai te maak.




 
^ Scroll to Top