Besigtigings:
2 eiers
125 ml suiker
250 ml melk
30 ml margarien/botter gesmelt
500 ml koekmeelblom
20 ml bakpoeier
2.5 ml sout
botter, stroop of heuning
Metode:
1. Klits eiers en suiker saam. Voeg 125ml melk en gesmelte botter by.
2.Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam en voeg by eiermengsel.
3. Voeg orige melk geleidelik by om 'n gladde mengsel te vorm.
4. Moet nie mengsel roer nadat alles gemeng is nie.
5. Bak in gesmeerde ringpannetjies(griddle) of drup lepels vol op 'n warm gesmeerde stoofplaat.
6. Bak eers die een kant en as dit bo-op vol lugblasies is, draai plaatkoekie met slaplemmes of eierspaan om en bak hulle aan die ander kant tot dit ook mooi bruin is.
7. Sit voor met botter, stroop of heunig.
Die resep lewer tussen 25 - 30 plaatkoekies.
Die resep uit Kook en Geniet (50) Goue Jare
Wednesday, 18 November 2009
Wednesday, 30 September 2009
Plaat koekies
1 eier
2 teelepels suiker
¾ koppie melk
1 koppie meel
¼ teelepel sout
1 eetlepel botter, gesmelt
3 teelepels bakpoeier
Klits die eier, maar sorg dat dit nie skuim nie. Voeg nou die helfte van die melk by asook die meel, suiker en sout en meng met ´n vurk. Roer die botter en bakpoeier by. Voeg die orige melk by en roer. Moet nou nie weer roer nie en laat staan vir ten minste 20 minute. Verhit ´n oliebesmeerde pan. Maak koekies met lepels deeg in pan. Wanneer daar borreltjies aan die bokant verskyn moet die koekies omgekeer word. Dit moet ligbruin aan beide kante wees.
Bedien met botter, heuning, stroop, kaas of net waarvan jy hou.

Subscribe to:
Posts (Atom)