Wednesday, 30 September 2009

Pizzadeeg

Hierdie is seker die maklikste en vinnigste pizza deeg wat jy kan kry.

500 ml bruismeel
150 ml kookwater
125 ml kookolie
sout

Gooi alles saam in 'n houer en skud. Smeer op pan. Smeer tamatie en uie smoor bo-oor en dan die vulsel van jou keuse. Strooi mildelik kaas oor en bak tot gaar.


Thursday, 24 September 2009

Pizza basis

Bestandele:
- 2 koppies (500 ml) baie sterk broodmeel
- 1 koppie (200 ml tot 250 ml) kouer water
- 1 teelepel (5ml) suiker
- 1 teelepel (5ml) kitsgis
- 1 teelepel (5 ml) sout

Metode:
Meng al die bestandele en knie dit goed saam vir so 10 minute.

Laat die mengsel oornag bedek staan in die yskas (opsioneel). Jy het ‘n redelike groot kosblik of bak nodig, want die deeg behoort te ver-trippel in grootte. Dit help om die oppervlak van die bak/kosblik te meel.

Volgende dag, haal die deeg uit en breek in twee balle op. Druk die balle effens plat en laat dit vir twee ure bedek rus, tot dit verdubbel in grootte (so uur).

Rol die deeg uit (tot so 5mm) en plaas op ‘n pizzapan/pan/iets en laat dit rus vir so 10 minute.

Steek gate in die deeg met ‘n vurk, en bak teen 200 degC vir 10 minute naby aan die element, sodat dit ‘n kleurtjie kry. Die basis moet crispy (en ligbruin) wees op die oppervlak en taai en smaaklik binne.

Nou kan jy tamatiesmeer en toppings opsit soos dit ‘n pizzamaker betaam.
 
^ Scroll to Top