Wednesday, 30 September 2009

Sjokolade koek

750 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
500 ml suiker
80 ml kakao
knippie sout
500 ml kookwater
250 ml olie
10 ml vanieljegeursel
50 ml witasyn

Sif die droë bestandele in ´n mengbak. Meng die vloeistowwe saam en gooi egalig by die ander bestandele en meng met ´n vurk. Gooi in ´n oondpan en bak by 180ºC vir 20 minute. Toets deur ´n skerp mes of speld daarin te steek wat moet skoon uitkom. Laat die koek in die pan koud word. Versier.




No comments:

Post a Comment

 
^ Scroll to Top