Vir die koek het jy nodig:
500 ml strooisuiker
4 groot eiers
250 ml olie
5 ml vanilla-geursel
750 ml meel, gesif
15 ml bakpoeier
250 ml melk
klapper
Vir die sjokoladeversiering het jy nodig:
500 ml suiker
250 ml kookwater
45 ml kakaopoeier
15 ml botter of margarien
Koek:
Klop die strooisuiker en eiers in 'n menger tot dit lig en donsig is
Voeg die olie en vanilla-geursel by.
Voeg die gesifte meel en bakpoeier alternatiewelik by met die melk.
Gooi die mengsel in 'n plat koekpan en bak by 180ÂșC vir 25 - 30 minute of tot die koek goudbruin is.
Laat afkoel en sny in blokkies.
Sjokoladeversiering:
Verhit die suiker, kakao, botter en water tot dit begin borrel.
Laat afkoel en doop die vierkantige stukkies koek in die sous en rol in die klapper.
Wednesday, 30 September 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment