Wednesday, 30 September 2009

Hoender Korma

hoenderstukke
500g jogurt
100g klapper
sout
2 teelepels masala
½ teelepel kerriepoeier
100g gemmer-en-knoffelsmeer
1 teelepel borrie
2 teelepels fyngemaalde koljander
1kg uie, in dun skywe gesny
300ml olyfolie
1 takkie vars koljander
1 takkie vars kruisement
1 koppie water

Marineer die hoender vir ten minste ´n halfuur in sout, die gemaalde koljander en die smeer. Verhit die olie in ´n groot kastrol en braai die uie tot goudbruin. Voeg die hoender by en braai vir 10 minute. Voeg die water en jogurt by en kook vir 5 minute. Die res van die bestandele kom nou by. Bedek en kook vir 20 minute.

Bedien met rys.




No comments:

Post a Comment

 
^ Scroll to Top