Wednesday, 30 September 2009

Tert kors

1 koppie meelblom
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1/4 koppie botter
1 ekstra groot eier
1 eetlepel olie

Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter in tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Klits olie en eier saam. Voeg meelmengsel by en meng deeg. Bedek met kleefplastiek en sit in yskas vir 20 minute.

Rol deeg uit en voer tertbord met deeg. Prik die tertkors met vurk. Bak vir 10 minute in oond. Voeg vulsel in kors en gooi kaas oor. Bak vir 30 minute en laat staan vir 5 minute voor u inskep.




No comments:

Post a Comment

 
^ Scroll to Top