Thursday, 24 September 2009

Hoender pastei

Bestandele
2.5 kg hoen
1 ui, chopped
300 g sampioene, fyn geslice
4 knoffelhuisies, crushed
1 suurlemoen se sap
15 ml fyn naeltjies (cloves)
blokkie hoender stock, opgelos in 250 ml water
30 g botter
5 takkies vars tiemie
1 eetlepel peper
1 eetlepel komyn (cumin)
2 eetlepels couscous (of pasta)
1 eier
500g skilferdeeg (puff pastry)

Metode

Smeer (amper masseer) ‘n 2 ~ 2.5 kg hoender met olyfolie en sout. Bak die hoender in die oond teen 180 grade (170 vir fan assist oond) celsius, bo-op ‘n rooster rak, terwyl jy dit elke 20 minute omdraai. Dit neem 20 minute plus 20 minute per 500g hoender. So vir ‘n 2.5 kg hoender sal dit 2 hr neem. Laat die vet eenkant staan, sodat die vet en die water skei.

Laat die kiepie afkoel. Verwyder die vel en al die bene. Sny die stukkies hoender in blokkies van so halwe duim (bite size).

In ‘n groterige pot, met klein bietjie olyfolie, braai die ui tot deurskynend. Gooi sampioene en knoffel by en braai vir so 4 minute terwyl jy roer. Gooi nou die gaar hoender stukkies, 3 teelepels naeltjies, 250 ml hoender stock, 30 g botter, 2 eetlepels vars tiemie blare, 1 eetlepel peper, 1 teelepel sout, sap van ‘n klein suurlemoen, die water deel van die hoender afloop en ‘n halwe teelepel cumin by. Laat dit kook vir so 15 minute. Gooi nou so 2 eetlepels couscous by en roer dit in. Pak in ‘n groterige bakpan.

Verhit die oond tot 180 grade C.

Rol die skilferdeeg uit sodat dit so 5mm dik is en die bak gemaklik bedek. Plaas die uitgerolde deeg oor die bak, druk dit goed teen die kante vas, sny die oortollige deeg. Gebruik die oortollige deeg om die pastei te versier. Vee die deeg met ‘n geklitste eier (gebruik sommer die agterkant van ‘n eetlepel.



Bak die spulletjie vir 20 minute in die onderkant van die oond (as die deeg ongemaklik bruin word, bedek met ‘n stuk foelie. Haal die pastei uit en laat dit staan vir 15 minute

http://mieliepap.wordpress.com/2008/02/10/hoenderpastei-resep/

No comments:

Post a Comment

 
^ Scroll to Top