Kors:
1 pak tennisbeskuitjies, fyn 60 g margarien, gesmelt
Vulsel:
5 ml gelatien
100 ml water
75 ml suurlemoensap
4 eiers, geskei
1 k strooisuiker
knippie sout
2 ml fyngerasperde suurlemoenskil of vanillageursel
125 ml room
Maak kors en druk mengsel styf met agterkant van metaallepel teen die boom en rante van tertbak vas. Plaas in yskas tot benodig.
Week gelatien in helfte van water. Klits oorblywende water, suurlemoensap, eiergele, die helfte van die strooisuiker en die sout in ‘n middelslag kastrol met ‘n dik boom tot net gemeng. Verhit dit oor lae hitte en roer aanhoudend totdat dit begin dik word. Haal dit van die stoof af en roer die gelatien by tot goed gemeng. Laat dit afkoel.
Klits eierwitte styf, klits oorblywende strooisuiker bietjiesgewys by. Klits die suurlemoenskil of vanieljegeursel by. Vou dit in die eiergeelmengsel in. Skep die vulsel dadelik in die kors en laat in die yskas om te stol. Klits room tot styf en spuit roomrosies om die rand
Thursday, 24 September 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment