350 g spaghetti, gekook
´n eetlepel botter
vars gemaalde swartpeper
225 g gekookte groenlensies
2 opgesnyde uie
2 eetlepels olie
2 fyn gesnyde knoffelhuisies
2 opgesnyde stokke seldery
2 wortels, fyn opgesny
2 eetlepels tamatiepuree
sout
Braai die uie vir 5 minute en voeg dan die knoffel, wortels en seldery by. Kook stadig vir 15 minute tot sag. Roer die lensies, tamatiepuree en sout en peper by. Gooi bietjie water by. Kook stadig vir 10 minute
Bedien warm op warm spaghetti.
Wednesday, 30 September 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment